Local newsNews

Kluisenaars op hul oudag

'Ek is nie meer 'n kind nie. As ek wil uit wil ek uit.'

Inwoners van die staatstehuis, Jack Cotton, voel soos kluisenaars.

Hulle is moedeloos omdat die hekke van hul tehuis onlangs toegesweis is. Hulle is wel nie seker wie hulle so wil straf deur elke uitgang toe te sweis nie, maar vermoed dat dit die munisipaliteit se handewerk is.

Ester Rossouw, ‘n inwoner, het een middag dorp toe gegaan en toe sy terugkom was al die hekke toegesweis. Daar was voorheen verskeie uitgange wat die inwoners kon gebruik indien hulle winkels toe wou gaan. Die hoofhek word ook na bewering gereeld gesluit en die inwoners kan dan nie uit nie.

Ester woon al 12 jaar in die tehuis. Sy het vertel dat dit die eerste keer is dat sy so ongelukkig is.

Die gedeelte waar die hekslot voorheen was.
Die gedeelte waar die hekslot voorheen was.

“Ek is nie meer ‘n kind nie, ek is al amper 80 jaar oud en kan nie meer so ver loop nie,” het Ester gesê.

Volgens Ester het die DA-raadslid, Trudie Naudé, foto’s van die hekke kom neem, maar hulle het nog geen terugvoering ontvang nie. Die tehuis is wel veronderstel om sekuriteit te hê, maar met die aankoms van die News was daar geen sekuriteitspersoneel in sig nie. Nog ‘n inwoner, Anita Bruwer, loop moeilik en is ook baie ongelukkig.

Die News het met Trudie in verbinding getree oor die inwoners se ongelukkigheid.

“Ek is nie seker wie die hekke toegesweis het nie, maar ek het ‘n versoek ingedien by die munisipaliteit om die sweiswerk te verwyder,” het Trudie gesê.

Sy het ook gesê dat hoewel die munisipaliteit aan baie dinge moet aandag gee is, dit nie reg is dat die inwoners so ver moet loop nie.

Die bejaardes voel dat hulle dit nie verdien om op hul ‘oudag’ so ongelukkig te wees nie.

Read more:

‘Vergete’ bejaardes in munisipale tehuise se noodkreet

Bejaardes op Vadersdag bederf

Die staat moet meer doen rakende bejaardebehuising

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button