Local newsNews

Hou jou baard bedaard vir liefdadigheid

Hulle het besluit om dié maand 10 persent van al hulle verkope ten bate van kanker te skenk.

Baard Bedaard is vanjaar gestig nadat ‘n ou resep vir baardprodukte herontdek is.

Die maatskappy verkoop verskeie produkte wat mans se baarde glad en blink hou.

“Ons het besluit om dié maand 10 persent van al ons verkope ten bate van kanker te skenk,” het Bemarkingsdirekteur Francois Fourie gesê.

Dié maand is ook Movember-tyd waarin manne hul baarde laat groei vir kankerbewusmaking. Maar dit is nie al wat die manne van Baard Bedaard wil doen ten bate van liefdadigheid nie.

Op 16 Desember hou die span ‘n fondsinsamelingsdag vir die diere van The 9th Day Animal Shelter. Die dag beloof ‘n verskeidenheid vermaak deur Emanuel Pietersen (SA Bachelor of the Year 2016), Zaretha Duvenage, MC Engelbreght en Lezahn van der Merwe.

Die span nooi die publiek uit om in die pret te kom deel. Die funksie skop omstreeks 9vm by The Cradle Market aan die R563 af.

Francois vra ook vir enige donasies wat die diereskuiling kan help. Die skuiling is in groot nood. Hulle moet voor die einde van die jaar al hul diere na ‘n nuwe perseel verskuif, wat hulle nog nie het nie.

Hulle het ook die volgende produkte nodig:

• Omloopsiekte- en vlooimiddels
• Skoonmaakmiddels
• Kontant
• Komberse
• Hondekos

Enige persoon wat betrokke wil raak by dié goeie doel kan Francois by 084 301 6941 skakel.

Verwante artikels:

Koppie liefde ten bate van Kansa

Baas van die baard-beweging

Sterre sing saam vir liefdadigheid

liefdadigheid

9th Day Animal Shelter needs your help

A dog’s life is her life: meet Charmaine the dog whisperer …

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button