Editor's choiceLocal newsNews

Bekende karakters by Silverstar

Die musiek was uiters gepas en het die gehoor se voete behoorlik laat jeuk.

Die nuwe Afrikaanse film het die afgelope naweek sy premièr by Silverstar gehad en die News het die geleentheid aangegryp om dit by te woon.

Sommige van die spelers was na die vertoning beskikbaar om handtekeninge te gee en foto’s te laat neem.

“Dit was awesome en ek gaan vir al my maats by die skool vertel,” het die 10-jarige Nicole Evans gesê.

Vir die voëls speel in die 1970’s af en is geskik vir oud en jonk. Die musiek is uiters gepas en het die gehoor se voete behoorlik laat jeuk.

Simoné Nortman.
Simoné Nortman.

Irma Humppel (gespeel deur Simoné Nortman) bevind haar voor die kansel waar sy nie dadelik die belangrike vraag kan beantwoord wat gestel is nie. Dit voel vir haar soos gister toe Sampie de Klerk (gespeel deur Francois Jacobs), die man wat langs haar in die kerk staan en wag vir haar “ja”, haar genadeloos afgeknou het. Irma herleef dan haar lewensreis om eindelik by haar finale bestemming uit te kom.

Irma het van kleins af geleer hoe om onafhanklik te wees – onafhanklik van die verlede, haar ma-hulle en belangrikste, van mans. Irma se pa was ‘n alkoholis en sy vind dit moeilik om te glo dat alle mans nie soos haar pa sal wees nie. Stadig maar seker word Irma se hart sag en sy trou uiteindelik met Sampie, maar op ‘n hele paar voorwaardes.

Die film word van 25 November af landswyd in teaters vertoon.

Lees ook:

• [VIDEO] Sterbelaaide pre-première by historiese lodge

• Vir Altyd se Ivan en Donnalee maak ’n draai in die dorp

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button