Editor's choiceNewsSchools

Kennies rugby spog met nuwe voorkoms

Die uitrusting sluit 'n broek en 'n trui in waaruit die kleure oranje, swart en wit domineer.

Laerskool Kenmare (Kennies) is verheug om aan te kondig dat vyf van hul rugbyspanne binnekort met ‘n nuwe voorkoms op die veld sal uitdraf.

Danksy hul nuwe hoofborg, Wim Krynauw Prokureurs en ander borge, Tramtrade en Samhost sal die eerstespan – ook bekend as die Swart Masjien – die tweedespan, die o.9A’s, o.10A’s en o.11A’s die nuwe seisoen in styl kan afskop.

Pieter du Toit, Wim Krynauw, Berné Grobler en Wouter Immelman met die eerstespan se tuistrui. Foto: Alanicka Lotriet.

Die spandrag is ‘n swart rugbybroek en ‘n oorwegend oranje, swart en wit trui. Die Swart Masjien het drie verskillende truie ontvang – een vir tuiswedstryde, een vir wegwedstryde en een vir die Super 12’s. Die tweedespan het ook hul eie, unieke truie ontvang.

Verder het die o.9A-, o.10A- en die o.11A-span spoggerige oranje truie ontvang.

“Dis ‘n nuwe begin met nuwe truie en nuwe borge. Ons wil ook graag hiermee al die borge bedank wat met die skool hande gevat het. Ons sien uit na ‘n splinternuwe jaar, wat vol geleenthede voorlê,” het Berné Grobler, rugbyorganiseerder en eerstespanafrigter vertel.

Die hoof, Wouter Immelman is saam met die spanne opgewonde vir die nuwe seisoen en glo Kennies se naam sal hoog gehou word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button