Paul Kruger Saal — amper herstel!
Die Paul Kruger Saal is feitlik heeltemal gerestoureer, maar die gemeenskap kan steeds bydra tot die laaste myl van restourasiewerk.
Die Paul Kruger Saal is die afgelope 30 jaar nie vir enige amptelike geleentheid gebruik nie.
Maar die Heart and Soul Foundation het onlangs daarin geslaag om ‘n openbare-private vennootskap (OPV) met die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit aan te gaan, en reuse vordering gemaak om dit te herstel.
Stigter van die organisasie, Estelle Opperman, sê dat sy vreeslik opgewonde is om aan te kondig dat die herstelwerk vroeg in Desember afgehandel sal wees.
• Lees ook: Paul Kruger Saal behoort aan die gemeenskap

“Ons gaan ’n kleuterskool vir minderbevoorregte kinders in die saal oopmaak, waar die munisipaliteit saam met die OPV ook die saal gaan verhuur vir troues, funksies en verjaarsdagpartytjies. Die fondse van die geleenthede gaan dan vir die kleuterskool aangewend word,” Estelle het opgewonde gesê.
• Lees ook: Paul Kruger Saal-plakkers verwyder

Die Krugersdorp News het die saal besoek en opgemerk dat die finale afrondingswerk amper klaar is. Die saal lyk presies soos dit moes gelyk het toe dit die eerste keer gebou is; van die plafon tot die vloer.
Estelle noem dat hul grootste gesukkel was om vrywilligers aan die werk te kry, en moedig die gemeenskap aan om ‘n helpende hand by te sit vir die laaste stukkie werk. Indien jy wil bydra om die saal tot sy oorspronklike glorie te herstel, kontak Estelle by 072 456 0669.
