Local newsUpdate

Hy was ‘n lig vir almal: Noordheuwel groet Rikus Kylander in stilte en hoop

Honderde het saamgekom om die 18-jarige se lewe te vier ná sy tragiese verdwyning tydens ’n snorkeluitstappie in Mosambiek.

Die Krugersdorp-gemeenskap het die lewe van Rikus Kylander (18), ’n oud-leerder van Hoërskool Noordheuwel, tydens ‘n pragtige seremonie gevier.

Rikus het op 18 Desember tydens ’n snorkelavontuur in Mosambiek skielik verdwyn. Soektogte het 22 dae lank voortgeduur en is op 10 Januarie gestaak.

Alta en Dawie Kriel by die lewensviering. Foto: Heinrich Greyling

Dawie Kriel, hoof van Hoërskool Noordheuwel, het die gemeenskap uitgenooi na ’n lewensviering op 5 Februarie en beklemtoon dat dit nie ’n troosdiens is nie, maar ’n herdenking van Rikus se lewe. ’n Starlight-seremonie is gehou waar elkeen teenwoordig, met ’n vonkelstokkie in die hand, na ’n sangoptrede geluister het om Rikus se nalatenskap te eer.

• Lees ook: Rikus Kylander among Hoërskool Noordheuwel’s top achievers despite disappearance

Rikus Kylander.

Die byeenkoms is goed bygewoon ter ondersteuning van die familie.

Die gemeenskap het Rikus se lewe gevier.

Ds Braam Smith het Rikus as iemand met ’n kleurvolle persoonlikheid beskryf en die lig beklemtoon wat hy in ander se lewens gebring het.

• Lees ook: Search for Rikus concludes after 22 days

Ds Braam Smith gedurende Rikus se lewensviering. Foto: Heinrich Greyling

Rikus se wiskunde-geletterdheidonderwyseres, Marietjie Muller, het herinneringe gedeel oor sy maniere, werksetiek en deursettingsvermoë. Sy het vertel hoe hy, ondanks ’n eerste toets van 85%, ontevrede was en daarna nooit minder as 94% behaal het nie, uiteindelik ook die vaktoekenning gewen het.

Brendon Grové speel klavier tydens die geleentheid. Foto: Heinrich Greyling

“Hy was een van daardie mense wat, wanneer hy by jou verbystap, jou in die oë kyk en beleefd groet,” het sy gesê.

• Lees ook: Teen missing while snorkelling in Mozambique

Vriende het genoem dat Rikus mense laat voel het asof hulle spesiaal is, en hom as ’n ‘engel’ en ’n “one of one” beskryf.

Chrizaan Grové sing by Rikus se lewensviering. Foto: Heinrich Greyling

Familievriend Jaco Botma het sy ouers en sussie bedank vir hul rol in sy lewe en ’n bedankingsbrief van die familie voorgelees waarin almal vir hul ondersteuning en gebede bedank is.

Die skool het bevestig dat die familie tans nie met die pers wil praat nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button