Editor's choiceSchool sportSport

Kennies-krieket sluit seisoen suksesvol af

Die liga het meer as net die skool trots laat voel. Meeste van die spelers is ook vir verskeie buitemuurse spanne gekies.

Laerskool Kenmare se krieketspelers het die seisoen met trots afgesluit nadat al die spanne die Wes-Randse Krieketliga gewen het.

Die skool het vyf spanne in die liga gehad en hulle het 75 persent sukses behaal. Die spanne het altesaam 57 wedstryde gespeel waarvan hulle 43 gewen het.

Laerskool Kenmare se o.9-krieketspan.
Laerskool Kenmare se o.9-krieketspan.

Die liga het meer as net die skool trots laat voel. Meeste van die spelers is ook vir verskeie buitemuurse spanne gekies.

Drie-en-dertig van die seuns vir die Gauteng-Wes-span gekies en ses seuns is as lede van die streekspan verkies.

Laerskool Kenmare se o.11A-krieketspan.
Laerskool Kenmare se o.11A-krieketspan.

Die afrigters het ook gewys wat in hulle steek toe drie van hulle aangewys is as afrigters van die Gauteng-Wes-span asook die streekspan.

Billy van Zyl, een van die skool se krieketspelers, is vir die Gautengse o.13 A-krieketspan gekies – boonop as kaptein van die span.

Kliek hier vir meer fotos

Laerskool Kenmare se o.10A-krieketspan.
Laerskool Kenmare se o.10A-krieketspan.

Soortgelyke artikels:

Kenmare-atlete vir Gauteng-span gekies

Kenmare-atlete op pad kampioenskappe toe

[FOTO’s] Kenmare se kekkelbekkies

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button