Editor's choiceSchool sportSport

Monnas netbalspanne vier oorwinning

"Hulle het baie hard gewerk om te kom waar hulle is en dit is nog net die begin."

Op Donderdag, 1 Junie is die netbalspanne van Hoërskool Noordheuwel tydens die jaarlikse Jomo-liga behoorlik ore aangesit deur dié van Hoërskool Monument.

Monument se netbalspanne het as die wenners met ‘n uitsonderlike totaal van nege uit 11 wedstryde weggestap.

Die eerstespanwedstryd was egter die hoogtepunt van die dag wat ondersteuners op die punte van hul sitplekke gehad het, veral toe die telling vir ‘n wyle gedurende die wedstryd gelykop was.

Monument se uitmuntende doelskiettegniek het egter gesorg dat hulle met ‘n wentelling van 28–23 kan spog.

Die res van die spanne het so gevaar:

• o.14A Monument 28–6 Noordheuwel

• o.14B Monument 14–9 Noordheuwel

• o.14C Monument 25–16 Noordheuwel

• o.15A Monument 11–17 Noordheuwel

• o.15B Monument 14–20 Noordheuwel

• o.15C Monument 16–11 Noordheuwel

• o.16A Monument 24–21 Noordheuwel

• o.16B Monument 21–19 Noordheuwel

• o.17A Monument 19–17 Noordheuwel

• o.18A Monument 28–23 Noordheuwel

• o.18B Monument 24–20 Noordheuwel

Monument se netbalhoof, Erika Steyn het gesê sy is geweldig trots op die dogters sowel as die afrigters wat so goed gevaar het teen ‘n skool soos Noordheuwel.

“Hulle het baie hard gewerk om te kom waar hulle is en dit is nog net die begin,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button