School sportSport
Bastion en Florida sê mekaar die stryd op hokkieveld aan
Florida wen drie uit die vyf wedstryde
Hoërskool Bastion het onlangs hul laaste hokkieligawedstryde teen Hoërskool Florida gespeel en gemengde welslae behaal.
Die wedstryde het op Hoërskool Bastion se velde plaasgevind en die spelers het mekaar behoorlik die stryd aangesê.

Die dag het nie heeltemal volgens plan vir Bastion verloop nie, en hulle kon net een uit die vyf wedstryde wen.
Die uitslae was soos volg:
• o.14 verloor 2–1
• o.15 wen 2–0
• o.16 verloor 3–0
• Tweedespan speel gelykop 2–2
• Eerstespan verloor 3–1

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
