School sportSport
Nories-hokkie besonder suksesvol
Hoërskool Noordheuwel se hokkiespanne het baie goed gevaar in verskeie wedstryde.
Hoërskool Noordheuwel se hokkiespanne het onlangs besonder goed gevaar teen Hoërskool Monument. Hul eerstespan het met 3–2 gewen.
Die o.14A’s het gewen met 3–1, die o.14B’s met 4–0, die o.15A’s met 5–3, die o.16’s met 2–1 en die Norie-tweedespan met ‘n telling van 3–2.

Monnas se o.15B’s het met 2–0 gewen, en hul o.16A’s was ook aan die wenkant met 1–0.
By die Aitken Cup het Noordheuwel se o.19-seunseerstespan vir Krugersdorp High School geklop met 7–1, en 11de geëindig uit 64 skole in Johannesburg.
Die o.15-seuns het agste geëindig in die Boden Cup.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
