School sportSport

Mini-netbaldag toer om die wêreld

Die 32 skole wat onlangs aan 'n mini-netbaldag deelgeneem het, het verskillende lande verteenwoordig.

Talle skole aan die Wes-Rand, oftewel D2-distrik, het saamgetrek om deel te neem aan ‘n Mini World Cup-netbaldag wat by Laerskool Protearif plaasgevind het.

Uit die 32 skole wat deelgeneem het, was 16 uit die dorpe in die distrik, en 16 uit die landelike gebiede in die distrik.

Daar is ook ‘n land aan elke skool toegeken wat hulle moes verteenwoordig.

Laerskool Krugersdorp-Noord het trots Suid-Afrika verteenwoordig.

Die spanne het die lande se vlae gemaak, hul unieke klere aangetrek en selfs hulle eie krete uitgewerk.

Die o.11-spanne moes ook elkeen hul eie trofee uit herwinbare materiaal maak, en die mooiste trofee het gewen.

Spanne het reeds van vroeg af by die skool bymekaar gekom en sommiges is met busse van Tarlton, Carletonville en Fochville af aangery.

Selfs Mullie die Meerkat van Laerskool Muldersdrif het ‘n draai kom maak.

Nadat almal geregistreer het en ‘n spanfoto geneem is, was dit tyd vir die spanne om rondom die baan te loop terwyl die verskillende lande se volksliedere gespeel het.

Die Suid-Afrikaanse volkslied is heel laaste gespeel, en die spelers en ondersteuners het soos een koor saam gesing.

Daarna het die naelbyt-netbalwedstryde afgeskop. Twee spanne van elke groep het deurgedring na die finale en die wenner van elke groep sal later in die jaar teen die wenners van die ander distrikte gaan deelneem.

Laerskool Randfontein het Singapoer verteenwoordig.

Die wenners van die dorpsgroep was niemand anders nie as Laerskool Krugersdorp-Noord, wat Suid-Afrika verteenwoordig het.

Kort op hul hakke in die tweede plek was Laerskool Randfontein wat Singapoer verteenwoordig het. Laerskool Gerrit Maritz, wat Australië verteenwoordig het, het die derde plek in die groep ingeneem.

Nooitgedacht Laerskool het hul opponente geïntimideer deur hul gesigte te verf om Jamaica te verteenwoordig.
Foto’s: Natasha Pretorius.

Bulelani Primary het Engeland verteenwoordig en is as wenners van die plaas- en landelike gebiede-groep aangewys. Die tweede plek het gegaan aan Ipeleng Primary wat Suid-Afrika verteenwoordig het. Patrick Mashego Primary wat Zimbabwe verteenwoordig het, was derde in die groep.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button