School sportSport

Mullies sê dankie vir borg

Die eetplek het die afgelope twee jaar vir Mullies op verskeie maniere op kultuur- en sportgebied ondersteun.

Laerskool Muldersdrif se o.11- en o.13-krieketspan het op Maandagaand, 12 Augustus, saam met hul families by die John Dory’s-restaurant in Cradlestone Mall bymekaar gekom waar daar vir hulle dankie gesê is.

Die eetplek het die afgelope twee jaar vir Mullies op verskeie maniere op kultuur- en sportgebied ondersteun.

Laerskool Muldersdrif se o.11- en o.13-krieketspan saam met hul afrigters en John Dory’s se bestuur.

Die twee spanne het onlangs aan ‘n kriekettoernooi by Jubaweni in Nylstroom (Modimolle) deelgeneem. John Dory’s het die o.11’s se nuwe hemde geborg.

Die skool het tydens die toernooi derde uit 12 skole geëindig.

“Ons wil net vir Pieter Engelbrecht, die eienaar van John Dory’s, en vir Jonathan Nyanhi, die bestuurder baie dankie sê,” het Wessel Lotter, die skool se sportorganiseerder gesê.

Hy het bygevoeg dat die restaurant al deel van Mullies is en dat hulle altyd bereid is om hulle te help.

“Hulle is mense wat hande opsteek en ‘n verskil in die gemeenskap maak,” het hy verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button