School sportSport

Bastion-vyf op pad Argentinië toe

Tydens die onlangse Apcan-rugbytoernooi is 45 seuns geïdentifiseer om in Desember na Argentinië te toer. Vyf van dié spelers kom van Bastion af.

Hoërskool Bastion spog deesdae met vyf leerders wat ingesluit is in ‘n rugbyspan wat in Argentinië gaan deelneem.

Apcan-sekuriteit het verlede jaar die voormalige Coke-reeks Rugbytoernooi oorgeneem en dit as die Apcan Skolerugbyreeks herdoop. Dié reeks het van 22 Augustus tot 7 September by Hoërskool Florida in Roodepoort plaasgevind.

Tydens die reeks is ‘n komitee van sewe oudrugbyspelers en kenners gevorm en daar is uiteindelik 45 seuns geïdentifiseer om in Desember na Argentinië te toer.

Hulle sal van 3 tot 13 Desember teen verskeie o.19-klubspanne in Buenos Aires, Rosario en Pergamino deelneem.

Louis Viljoen, Braam Raath, Ricardo, Jason van Wyngaardt en Xander Fourie het egter elk R35 000 nodig om die toer te kan bywoon. Dit sluit ongelukkig nie hul sakgeld in nie.

Wesley Pretorius, een van die span se afrigters en ‘n onderwyser by Hoërskool Bastion, het vertel dat hulle vreeslik trots is op die jong manne.

Volgens hom is die Apcan-reeks ‘n baie goeie sif om die talent uit te ken en vir daardie kinders geleenthede te bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button