School sportSport

Florries gholdag by Krugersdorpbaan ‘n reuse sukses

Hoërskool Florida se jaarlikse gholfdag weereens 'n reuse sukses

Hoërskool Florida se jaarlikse gholfdag wat by die Krugersdorp Gholfbaan gehou is, was weereens ‘n reuse sukses.

Die gholfdag, wat as een van die skool se fondsinsamelingsprojekte dien, is baie goed ondersteun, en die 120 spelers het hulself definitief gate uit geniet.

Wiets du Toit, Roy Rheeder, Wiets du Toit Jnr en Henry Wisilliam van Zyl. Foto: Siso Naile.

Die tema vir die dag was die Rugbywêreldbeker, en almal het volgens hul gunstelingspan se kleur aangetrek.

Die borge het ook gesorg dat die spelers meer as genoeg te ete en te drinke gehad het, en daar was verskeie pretaktiwiteite waaraan hulle kon deelneem om pryse te wen.

Alwyn Vorster slaan af. Foto: Halisje Crous.

Die groot pryse is egter tydens die prysuitdeling uitgedeel, en spelers het in verskeie kategorieë met die louere wegstap. Die algehele wenners was Charl Heyns en Grant Hewitt.

Vir meer foto’s, kliek hier: 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button