Ryan boks sy pad oop na SA Kampioenskappe
Ryan Botha gaan binnekort sy provinsie verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse boks Kampioenskappe.
Ryan Botha van Laerskool Ebenhaeser is ‘n bewys daarvan dat groot gif in klein botteltjies kom. Dié jong man is beslis nie een om mee te sukkel nie.
Ryan het onlangs die Krugersdorp-Wes Boksklub by die Gateng-Wes Bokskampioenskappe in Pretoria Tuine verteenwoordig.
By die kompetisie het hy ‘n silwermedalje verower en is daarna gekies om Gauteng-Wes by die Gauteng Kampioenskappe te verteenwoordig wat in Sebokeng plaasgevind het.
Hy was egter nog nie klaar nie. Hy het by die Gauteng Kampioenskappe gewen en is boonop as die beste bokser van die kampioenskappe aangewys.
Ryan het vir Gauteng in September by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe verteenwoordig.
Baie geluk, Ryan!

