EntertainmentLifestyle

Country musiekfees in Tarlton

"Hierdie is absoluut 'n musiekbederf, veral vir die country-liefhebbers in die omgewing."

La Paloma Lodge beoog om hulle offisiële bekendstelling op 31 Augustus met ‘n reuse country-musiekfees af te skop.

Oud en jonk word genooi na hierdie familiedag wat propvol wêreldklas vermaak gaan wees.

Die Lodge is oorkant Tarlton International Raceway geleë en bied ‘n rustige ontsnap van die alledaagse gejaag vir die stadsjapies.

Die ruim onthaalarea van die Lodge is geskik vir enige spesiale geleentheid en die kamers is modern maar tog snoesig ingerig.

Tydens die musiekfees kan besoekers gerus die Lodge bekyk.

Maar vir die wat eerder die musiek wil geniet, Giovanni van Supersterre gaan beslis sorg vir ure se genot en die komediant Malcolm Ferreira sal die gehoor ook lekker vermaak.

Daar gaan ook spesiale optredes deur die Top 7 Heidelberg Klipdrift looklocal Idols Heat finaliste wees. Hierdie top 7 finaliste is beslis die room van die plaaslike musiekbedryf en mag nie gemis word nie.

Terwyl die dames deur Giovanni se sjarme verlei word, kan die manne Craighall Car Sound se klankdemonstrasie geniet.

“Hierdie is absoluut ‘n musiekbederf, veral vir die country-liefhebbers in die omgewing,” sê Lodge-eienaar Nick Binneman.

“Die talent is beslis van puik gehalte.”

Die kaartjies vir die geleentheid beloop R50 en daar sal ook genoeg kos en verversings beskikbaar wees. Indien jy ‘n stalletjie wil bespreek, skakel vir Monica by 084 703 4446 vir meer inligting.

Die Lodge het veilige parkering beskikbaar en bied ook ‘n heerlike klim-en-klouter-raam vir die kinders. Die verrigtinge skop van 2nm af.

Malcolm Ferreira.
Malcolm Ferreira.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button