Local news

Plasies groet ‘Tannie Charmaine’ na 34 jaar diens by Merensky

Merensky Landbou Akademie het op 2 Mei tydens ‘n byeenkoms in Die Byekorf afskeid geneem van ‘n legende, Charmaine Buys.

“Tannie Charmaine”, soos die Plasies haar ken, lê na 34 jaar die tuig neer en verhuis eersdaags na die Wes-Kaap waar sy by haar familie sal aansluit. Buys het as jong tikster op 1 Mei 1990 diens in die kantoorblok aanvaar. “Ek het alles gedoen, foon geantwoord, pos oopgemaak, EdLab-kaarte bygehou en vraestelle op wasvelle getik waarna dit afgerol is.

Tegnologie het wraggies alles vandag darem veel makliker gemaak,” sê sy. Sy was vir 14 jaar die vorige hoof, JP van den Heever, se persoonlike assistent, waarna sy ook 14 jaar die huidige hoof, Magnus Steyn se regterhand was. Sy het ook die afgelope sewe jaar as die merksentrumsekretaresse opgetree. Sy was nie sommer net “nóg ‘n kantoortannie” nie.

Lees ook: Tzaneen circuit schools performs well

Sy was ‘n perfeksionis, gesteld op die noukeurige uitvoer van haar pligte, en in alles met Merensky voorop in haar doen en late. Sy het nie ‘n enkele kultuurgeleentheid gemis nie, en was ook ‘n ywerige bloubloedondersteuner langs die sportveld. Sy het vir die afgelope 14 jaar op die terrein gebly en het die oggendstappie kantoor toe, deur die mooi laning met vars plaaslug, besonder geniet.

Tydens haar afskeidsgeleentheid het haar admin-kollegas haar beskryf as iemand met ‘n omgeegeaardheid. Haar vriendskap, lojaliteit en toewyding maak haar ‘n vriendin duisend. Met haar simpatieke oor en diepgewortelde geestelike persoonlikheid, is haar advies, voorbidding en motivering deur haar kollegas waardeer en nagevolg.

“Om ‘n Plasie te wees was vir my die heel beste. Ek het niks uit my eie krag gedoen nie, aan Hom alle eer.” Plasieland het haar geseënde dae saam met haar geliefdes toegewens, waar sy nou haar rekenaar vir oumaskap in die Kaap verruil.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button