Sport

Groot wen vir Letaba vs Messina

Letaba-rugbyklub se eerstespan het Saterdagmiddag by die skougronde ‘n oortuigende wen teen Messina opgeteken in hulle eerste ligawedstryd van die jaar.

Die eerste drie vir Letaba is deur vleuel, Sidwell Kubayi in die eerste paar minute van die eerstehelfte aangeteken en losskakel, André Klopper het suksesvol die drie verdoel vir nog twee punte op die telbord. Messina het egter vinnig terug geslaan en self agter die doellyn gaan kuier. Du Toit Hartzenberg het daarna weer vir Letaba gaan druk.

Letaba se heelagter, Carel O’Niel met die bal in hand.

Dylan Herrendoerfer het kort daarna nog ‘n pragdrie gemaklik onder die pale gedruk, wat Klopper verdoel het. Teen halftyd was Letaba 22-12 voor. Letaba het die tweedehelfte oorheers en het die besoekers van Messina laat les opsê in die skrums en losgemale. Klopper het self deurgebreek om onder die pale te gaan kuier en verdoel sy eie drie met sukses.

Also read: Bosveld Pumbas wen 29-26 in naelbytstryd teen Letaba

Kubayi het weer deurgebreek vir sy tweede drie. Agtsteman, MJ Bensch het gesorg vir omgekeerde besit by die afbreekpunte en Klopper het vier van die vyf drieë verdoel en twee strafdoele tussen die pale deurgestuur om ‘n totaal van 19 punte aan te teken. Messina kon nie verder punte aanteken in dié helfte nie. Letaba beklink die wedstryd met ‘n eindtelling van 39-12. Letaba sal weer op 7 Mei op hulle tuisveld by die skougronde in aksie wees teen Potties-rugbyklub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button