Sport

Letaba jagters vat groot pryse huis toe by gedenkskietdag

Die Bosveld Jagters- en Wilbewaringsvereniging (BJV) se Letabatak het Saterdag hulle jaarlikse rondomtalie gedenkskietdag aangebied.

Die dag word al vir meer as 10 jaar aangebied by die Letaba-tak se skietbaan ter ere van afgestorwe lede en vanjaar het 48 skuts die uitdaging aangepak. Ses dissiplines is aangebied waarvan die senterslag en randslag verpligtend was en die skuts kon kies tussen handwapen, kleiduif en boog of al drie as addisionele opsies.

Pieter Meyer het die groot prys, ‘n .22-250 Howa Bull Barrel ter waarde van meer as R13 000, geborg deur Tactical and Outfitter gewen.
Waldo le Roux het die kleiduif-divisie gewen en Francois Malan wen die boogdivisie. Alwin Fleischmann het met die louere weggestap in die pistool-kompetisie en Jahdin Fleischmann wen die senterslagdivisie.

Also read: Rugby kraai koning in opwarmingswedstryde

Joubert Fleischmann het in die randslagafdeling eersteprys gewen en Alwiné Fleischmann het die prys gewen vir die beste vroueskut. Pryse ter waarde van R25 000 is deur Tactical and Outfitter geborg. Die BJV se ledevergadering sal 5 Mei by die Letaba-klubhuis aangebied word. Op 7 Mei sal daar ‘n praktiese skietdag aangebied word wat kleiduif-, handwapen- en vlakteskiet-dissiplines insluit. Skakel Liesel Roos by die BJV Letaba-tak se kantoor op 071 871 4710 vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button