Sport

Letaba wen tawwe stryd op tuisveld

Die manne van Letaba-rugbyklub het Vrydagaand ‘n begeesterde aanslag van Noordelikes-rugbyklub se eerstespan gestuit om die wedstryd met vier punte gewen.

Letaba het vroeg punte op die bord gesit toe agsteman, MJ Bensch ‘n prag-drie gedruk het. Losskakel, André Klopper het die doelskop suksesvol tussen die pale deurgejaag en Letaba het vroeg 7-0 voorgeloop. Letaba het daarna op die aanval gebly en toeskouers vermaak met vinnige harldooprugby. Vleuel, Dylan Herrendoerfer, het ook gesorg vir aanskoulike passies en sytreë op die aanval.

Die tuisspan het weer baie naby aan die doellyn gekom, maar die drie is nie deur die skeidsregter toegeken nie.

Bensch is ook kort daarna gestraf met ‘n geel kaart na ‘n onderonsie en ‘n gerondstampery op die veld. Letaba se manne kon egter di laaste tien minute van die eerste helfte met net veertien spelers op die veld Noordelikes se aanval terughou en het teen halftyd met 10-6 voorgeloop na Klopper geslaag het in ‘n strafskop.

Also read: Plasie-rugby wys hulle staal in Landbouskole-toernooi

In ‘n klipharde tweede helfte breek Du Toit Hartzenberg deur om ‘n pragtige drie reg onder die pale te druk. Bensch, albei stutte Jan De Bruin Jordaan en Bradley Altona en flank Johan Blaauw is met beserings in die tweede helfte van die veld af. Senter, Hartzenberg is ook vervang na hy ‘n kuitbesering opgedoen het. Klopper slaag in nog twee strafskoppe om Letaba se voorsprong na 23-12 te rek, maar Noordelikes het kort daarna terug geveg en druk hulle enigste drie vir die wedstryd om die telling 23-19 te maak.

Die plaasvervangers het die fort gehou en Letaba wen die wedstryd. Letaba is tans derde op die Noordelike streeksliga-ranglys en sal Saterdag teen Potties se eerstespan ‘n wegwedstryd speel. Die semi-finale sal op 9 Julie beslis word. Skakel Bennie Kruger op 083 635 1731 of Jaco Moller op 079 451 9279 om betrokke te raak by die klub of saam te oefen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button