Sport

Mopani-jagters geniet presidentskiet

Die Mopani-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het die afgelope naweek die Mopaniintertakspanskiet, presidentskiet en junior streekskiet aangebied.

In die junior streekskietkompetisie het Xander van Eck met 283.04 totale punte die eersteplek gevat in die PCP o.18-afdeling. Van Eck wen ook die randslag o.18 afdeling. Christo Neveling het die PCP o.16- afdeling gewen met 249.03 punte. JE le Roux vat eersteplek in die randslag 0.16-afdeling met 260.01 punte. In die o.13-PCP kompetisie het Darin Kellerman met 274.01 punte gewen. Abrie Vijoen vat eersteplek in die randslag 0.13-afdeling met 262.01 punte.

In die o.9-veerligafdeling het Ricardo Cronjé met 276.02 punte die gouemedalje gewen. Nege spanne het aan die intertakspanskietkompetisie deelgeneem en Ngwenya Span A het is as algehele wenners aangewys met ‘n totaal van 2400.36 punte. Die span het 1260.2 punte in die vlakteskiet behaal en 1140.16 punte in die bosveldskiet. W Scholtz wen die opeklas in die kompetisie met 660.12 punte. Van Eck wen die junior afdeling met 630.12 punte en vat algehele tweedeplek met die punte totaal.

Also read: SA Hunters Mopani Branch warns about Mynas

S Stolz en die vroue-afdeling met 610.08 punte en JL Viljoen wen die B-divisiekompetisie met 610.06 punte. ID van Wyk wen die C-divisie met 590.1 punte. JI Maritz wen die senior afdeling met 380.04 punte. In die platinum-afdeling het W Scholtz met 660.12 punte die eersteplek gevat en junior skut, Van Eck vat tweedeplek met 630.12 punte.

Die Mopani-tak bied Saterdag, 25 Junie ‘n multi-dissipline-skietdag aan. Op 27 Junie word toegewyde sportskietopleiding aangebied. Baanoffisieropleiding word op 28 Junie aangebied. Skakel Otto van der Star op 082 568 1474 vir meer besonderhede. ‘n Windbuks-plaatjieskietdag word op 2 Julie aangebied by die Phalaborwaskietbaan. Die kompetisie is oop vir alle ouderdomme en luggewere tot en met 5.5mm. Skakel 082 804 1188 vir inliging.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button