Sport

Steenkamp wen Hans Merensky Ope-toernooi

Luan Steenkamp het die afgelope naweek twee goeie dae op die gholfbaan in Phalaborwa gehad en wen die Hans Merensky Ope met sewe houe bo baansyfer.

Die room van Phalaborwa se gholfspelers het die afgelope naweek by Hans Merensky Gholfklub in koue en winderige weerstoestande afgeslaan om sake uit te spook in die opetoernooi.
Saterdag het Tyron Luck van Chrome Gholfklub behoort en loop hy voor met twee houe bo baansyfer. Luck teken voëltjies aan op die tweede, 12de, 14de en 17de gaatjies en teken ‘n arend aan op die 11de gaatjie. Steenkamp van Tzaneen Buiteklub het gesorg dat hy goed begin en is na die eerste dag se spel in tweedeplek met drie houe bo baansyfer.

Dié bestendige speler teken baansyfer aan op 15 gaatjies, maar speel brouhoue op die 13de, 14de en 18de gaatjies.Dion Nell van Euphoria Estate was in die derde posisie met ses houe bo baansyfer. Jaco Els en Thimus Labuschagne van Chrome Gholfklub het die vierde en vyfde posisies, onderskeidelik betree na die eerste dag se spel.
Sondag het Steenkamp vier houe bo baansyfer aangeteken om met ‘n totaal van sewe bo baansyfer die ope-trofee huis toe te neem. Hy het weer op bykans elke gaatjie baansyfer aangeteken, maar het gaatjies 14 en 15 elk met twee houe verbrou.

LEES OOK: Caddy becomes golfer

“Met die wind en die koue weer was spel uitdagend gewees by Hans Merensky, maar dit het gelukkig nie gereën nie.
“Ek is baie tevrede met my spel oor die twee dae, ek het oor die algemeen net probeer om die bal in spel te hou en foute tot ‘n minimum te hou, maar op die veertiende en vyftiende gaatjies het ek Sondag droog gemaak,” vertel Steenkamp.
Hy hoop om in September aan die premier IPT-toernooi deel te neem by Koro Creek-gholflandgoed. Hy betree tans die 7de plek op die IPT-ranglys en het vroeër vanjaar ook die Tzaneen Ope gewen.

Labuschagne het tweedeprys huis toe geneem na hy Saterdag agt houe bo baansyfer en Sondag vyf houe bo baansyfer aangeteken het. Hy teken ‘n totaal van dertien houe bo baansyfer aan vir die toernooi.
Luck, wat met twee houe bo baansyfer die voortou geneem het Saterdag, het Sondag 15 houe bo baansyfer aangeteken vir ‘n totaal van 17 houe bo baansyfer. Hy vat die algehele derdeplek in die toernooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button