Sport

Jagters word vereer by gewilde wildsete

Die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJWV) het Saterdagaand hulle jaarlikse prysuitdelingsfunksie asook die hulle gewilde wildsete aangebied by Hotel@ Tzaneen.

Meer as ‘n honderd gaste en eregaste het die spoggeleentheid bygewoon en dertig wildsdisse geskik vir enige fynproewer is deur die lede voorberei vir aandete met koue sout kameelperdtong met soetmosterdsous, ‘n springbok- en steenbok-Kalahari-pot, gestopte blouwildebeesboud met varkspek en kruie, goud-gebraaide buffel-schnitzel, gevulde soutdeeg met bergskaapskenkel en kruie, gemarineerde soet elandribbetjies en vele meer op die spyskaart.

Louis Naudé is met die gesogte Grootkampioen Jagter van die Jaar-prys en -trofee vereer. Wallie van Dyk het tweedeplek in die afdeling gekry. Mandie Naudé ontvang ook sodoende die Weduwee van die Jaar-toekenning. Anita Smuts wen die Vrouejagter van die Jaar-trofee met Chantel Beytel in tweedeplek en Jane Toerien in derdeplek. Francois Vorster wen die Jagter van die Jaar, Binnelandse Kampioen-trofee met Maurits Meyer en JJ Naudé in tweede- en derdeplek, onderskeidelik.

Lees ook: Gravel Grinder MTB-uitdaging ‘n sukses

Christo Toerien wen die Boogjagter van die Jaar-trofee en ontvang ook die tradisionele Blaps van die Jaar-toekenning. In die Senior Parejag-afdeling wen Christo Toerien en Francois Vorster die trofee met Wallie van Dyk en Maurits Meyer in tweedeplek en Anita Smith en Armando dos Ramos in derdeplek.

CJ van Rooyen is as die Junior Lid van die Jaar aangewys en ontvang die gesogte trofee vir sy toewyding en bydrae. JJ Naudé wen die Junior Jagter van die Jaar-trofee met Ian Meyer en Carel Jacobsz in tweede- en derdeplek, onderskeidelik. Carel Jacobsz en Ian Meyer wen die Junior Parejag-trofee, met Jana en Maryna Jacobsz in tweedeplek en Ruvé Malan en Jane Toerien in derdeplek.

Junior Jagter van die Jaar-trofee word deur JJ Naudé gewen (regs). Van links is Phillip Robinson (voorsitter), Carel Jacobsz (derde) en Ian Meyer (tweede), JJ Naudé en agter is Armando dos Ramos.

Erelid van die BJWV, Hansie Botha het die gasspreker, Stephen Palos, hoofuitvoerende beampte van die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika (CHASA) voorgestel. Palos het die BJWV vereer en die rol van die vereniging in die stigting van CHASA geprys. Hy het ook van die uitdagings in die jag- en wildsbedryf aangespreek tydens die geleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button