Sport

Malan skiet kolskote by BJV groeperingskietdag

Die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging het Saterdag hulle jaarlikse groeperingskietdag aangebied en Francois Malan het vir die derde keer die groeperingskietwisseltrofee gewen.

Hy het die gesogte trofee die eerste keer in 2013 gewen. Hy wen die senterslag-opeklas met ‘n groepering van 15.69mm. Marcel O’Connell vat tweede plek in diĂ© klas met ‘n groepering van 16.52mm en Andrew Fourie is in die derde plek met ‘n groepering van 17.56mm. In die vroue-afdeling is Carole Grobler in die eerste plek met ‘n groepering van 22.06mm.

Hanroux Vorster wen die juniorafdeling met ‘n groepering van 53.68mm. In die senterslag-oopvisierklas is Edwil van Zyl in die eerste plek met ‘n groepering van 86.66mm. Malan vat tweede plek met ‘n groepering van 93.63mm en Dawie Botes vat derde plek met ‘n groepering vant 99.03mm. Raymond Dando wen die handwapenopeklas met ‘n groepering van 9.645mm.

Dawid Fourie en Micke Pieterse het pryse gewen in die junior boogafdeling.

Lees ook: Skiet as familiesport se gewildheid neem toe

Pieter Bekker is in die tweede plek en Hanco Boshoff is die junior wenner. Maurits Perold wen die boog-opeklas met ‘n groepering van 38.85mm en Dawid Fourie wen die juniorafdeling. In die randslag-.22-opeklas vat JP du Plessis die eerste plek met ‘n groepering van 11.5mm. Hanco Boshoff wen die penkoppekompetisie met ‘n groepering van 11.02mm en Ruan Bieldt wen die juniorafdeling met ‘n groepering vat 14.58mm.

Herjo Engelbrecht wen die kleiduifkompetisie met JP du Plessis in tweede plek en Machiel Pieterse in derde plek. In die windbukskompetisie het die jongste skuts hulself geniet. Eben Bischoff vat eerste plek met Ricus Rossow in tweede plek en Armand Botes in die derde plek. Die BJWV het na afloop van die kompetisie gesorg dat daar ‘n feestelike atmosfeer heers by die skietbaan en het hulle ‘n bierfees aangebied met Eisbein op die spyskaart en ‘n Duitse oompah-orkes wat die skuts vermaak het.

Pryswenners in die windbukskompetisie is Eben Bischoff, Ricus Rossouw, Armand Botes, MJ Pieterse, Nic Fourie en Hanré Beytell.

Die BJWV het hul borge bedank hul ondersteuning: Tactical Outfitter, Miami Canners, Hi-Q, Oceana, Bennie Osmers, Trans Letaba, Expedition North, Northern Security, Mazfor, Balco Polokwane, EPX Couriers, JP WapenSmit, Tzaneen Midas, Formalito, Lannie Motors en Falcon Diesel Tech.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button