Sanders vat goud by Epic
Samantha Sanders en haar Toyota Gazoo Racing-spanmaat, Riaan Weideman, het goud gewen in die gemengde-afdeling van die Absa Cape Epic wat Sondag in Stellenbosch klaar gemaak het.

Sanders en Weideman het vir die tweede jaar die boonste trappie op die podium volgestaan en het vanjaar die gemengde afdeling met ‘n totale tyd van 34:21:11 gewen. Die gemengdespan het reeds in die vooraftydren, oftewel proloog, wat by Lourensfordwynlandgoed aangebied is op 17 Maart die groen trui aangetrek en het voorgeloop in meeste van die wedrenne. In die vooraftydren het die bergfietsryers ‘n roete van 26km met 700m-klim aangepak en het hulle die tydren voltooi in 1:25:24. Op 18 Maart het die eerste been van die Cape Epic by Saronsberg weggespring.
Sanders en Weideman het die 88km-roete, met 2450m-klim, in 4:48:59 voltooi om die groen trui te behou. Die tweede dag se tydren het ook in die Saronsberg plaasgevind met Sanders en Weideman wat die 97km-roete, met 2200m-klim, in 5:31:38 voltooi. Op 20 Maart vat Sanders en Weideman die derde been van die Absa Cape Epic aan en strek die 94km-roete, met 2100m-klim van Saronsberg na Wellington.
Lees ook: Sanders takes podium spots
In die resies moes Sanders en Weideman tevrede wees met tweede plek na Elrika Hanmzen-Pretorius en Alexander Lawrance die eerste plek op die dag vat in ‘n tyd van 4:51:04. Die span van Toyota Gazoo Racing het in 4:53:48 die roete na Wellington voltooi en behou die groen trui. Sanders en Weideman het goed gedoen om ‘n 10-minuut-voorsprong oor Harmzen-Pretoruis en Lawrance op te bou op dag vier se 73km-roete in Wellington.
Hulle wen die been met 4:30:39. Dag 5 se 70km-roete in Wellington het Toyota Gazoo Racing weer eerste plek in die gemengeafdeling gevat met ‘n tyd van 3:45:44. Die tweede laaste been van die Cape Epic het Saterdag buite Stellenbosch plaasgevind. Sanders en Weideman het die 87km-roete met ‘n 2300m-klim in 5:07:38 gery en kon die eerste plek in die gemengde-afdeling sodoende behou. Sondag ry hulle die laaste 67km van die 2024 Cape Epic en is span Toyota Gazoo Racing in die eerste plek in die gemengde-afdeling. Hulle voltooi die laaste been van die Cape Epic in 3:57:21.