Sport

Letaba reg vir lang pad na Musina

Letaba-rugbyklub stuur Saterdag een span na Musina om om 18:00 in aksie te wees in 'n vriendskaplike wedstryd.

Volgens Dippies de Beer vorder die span se spel goed in die reeks van vriendskaplike wedstryde en kry die bestuurspan baie antwoorde oor die spelers se vernuf in dié wedstryde ter voorbereiding van die Limpopo-Noordstreekliga.

Letaba se eerste – en tweede span sal op 13 April die liga afskop met wegwedstryde teen Potties. Die eerste tuiswedstryd sal op 20 April teen Noordelikes plaasvind. Intussen was die manne van Letaba Saterdag teen Noordelikes in aksie gewees in vriendskaplike wedstryde by Noordelikes-rugbyklub se Henso Coetzee-rugbydag.

Lees ook: Letaba veg terug in tweede helfte

Letaba het die wedstryd naelskraap, 29-33, verloor na hulle die hele wedstryd voorgeloop het. Dillen Gouws, John Mwape en Nathan van den Heever druk elkeen een drie terwyl Du Toit Hartzenberg twee drieë druk en Gideon Labuschagné slaag met een doelskop.

Voor die liga op 13 April begin sal Letaba ‘n laaste vriendskaplike wedstryd by Louis Trichardt-rugbyklub se Conway-rugbydag speel. Om saam met Letabarugbyklub te oefen of vir meer besonderhede, skakel die klub se voorsitter, Bennie Kruger by 083 635 1731, Dippies de Beer by 078 538 3508 of Carel O’Neill by 079 693 2292.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button