Local sport

Atlete draf wildernes kaf

Twee van Tzaneen se ultra-atlete het goed gevaar tydens die Mac Mac Ultra verlede naweek.

Handré Hay het die 50 myl (80km)-ultramarathon aangedurf en in ‘n tyd van 12:48:52 voltooi om elfde plek in die mansafdeling te vat. “Ek het gaan deelneem om die Mac Mac te geniet. “Ek dink die 50 myl-roete is ‘n toproete. Jy sien geen plek twee keer nie en die gedeelte wat op die platorand is, is van die mooiste roetes wat ek al gehardloop het. Die uistigte van Mount Anderson is asemrowend,” sê hy.

Abri Bartlett in aksie op die Mac Mac Ultra se 48km-roete verlede naweek.

“Die laaste 10km was hard en my bene was baie moeg. Ek mik om volgende jaar sterker te eindig,” sê hy. Abri Bartlett het die 48km-roete aangepak. “Die Magoebas Ultra was my eerste ultramaraton en die Mac Mac was nou my tweede poging,” vertel Bartlett.

Lees ook: Leon wen Mac Mac 100 myl op ‘n drafstap

Hy het baie naby aan die podium geëindig met ‘n vierde plek in die mansafdeling van die wedren. Hy voltooi die roete in 6:20:11. “Die uitsig oor Maritzbos en die Hartbeesvlak is ongelooflik mooi. Dit lyk soos die Wolkberge en daar is baie mooi watervalle op die roete,” vertel Bartlett.

“Op so 42km het my lyf begin moeg raak, maar die wedren was ‘n hoogtepunt,” vertel hy. Bartlett sê hy sal vir seker weer volgende jaar by die Magoebas Ultra in aksie wees en Hay beplan om aan die Sky Run in November deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button