Local sport

Limpopo se bergfietsryers in aksie by SA’s

Tien bergfietsryers het die Limpopo by die Suid-Afrikaanse XCO en XCC-kampioenskappe by die Cascades MTB Park in Pietermaritzburg verteenwoordig.

Die kampioenskap het die afgelope naweek plaasgevind met Chantelle Gouws wat ‘n podiumplek losgery het in die XCO-wedren se jeugafdeling met ‘n tyd van 1:03:42. Sy behaal ook vyfde plek in die XCC-wedren met ‘n tyd van 14:59. Karli van Wyk vat sesde plek in die XCO-wedren se jeugafdeling. Sy voltooi die roete in 1:11:24 en ry ‘n sewende plek los in die XCCwedren met ‘n tyd van 16:00.

Elané Visser neem deel in die subjunior-afdeling en vat sewende plek in die XCO-wedren met ‘n tyd van 46:17. Sy behaal ook 10de plek in die XCC-wedren met ‘n tyd van 15:59. Sophia van Wyk vat agtste plek in die XCO-wedren se juniorafdeling. Sy voltooi die roete in 1:34:41. Van Wyk behaal ook sesde plek XCOwedren met ‘n tyd van 17:23.

Lees ook: Speke sing by Lim XCO3

In die seunsafdeling doen Henro van der Walt goed om ‘n sewende plek in die XCC-wedren se jeugafdeling te behaal. Hy voltooi die roete in 11:34 en vat ook negende plek in die XCO-wedren. André van Ree vat 18de plek in die XCC-wedren en kon nie die XCO-wedren klaarmaak nie. Frederick Willemse is 29ste in die XCC-wedren en is 32de in die XCO-wedren.

Michiel Genis vat 20ste plek in die XCC-wedren se seuns subjuniorafdeling en is 16de in die XCOwedren. Marlo van der Walt is 23ste in die XCC-wedren en is ook 23ste in die XCO-wedren. Thabo Mulaudzi ry die XCCwedren in 19:21en behaal 26de plek in die juniormansafdeling en is 30ste in die XCO-wedren.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button