Sport

Leon wen Mac Mac 100 myl op ‘n drafstap

Tzaneen se top ultra-atleet, Leon Roode het die afgelope naweek die Mac Mac 100 myl (160km) wedloop gewen, en saam met sy gesin oor die eindstreep gehardloop.

“My vrou, Umelda het die laaste 600m van die 100 myl saam met my gehardloop en my dogters, Nina en Beah het my ingewag by die wenstreep, om saam met my die laaste paar tree te gee,” vertel Roode. Die Mac Mac Ultra is vir Roode ‘n besonderse en spesiale wedloop. “Wat vir my lekker is van die Mac Mac is dat dit plaaslik en persoonlik is, nie korporatief nie. Ek ken die organiseerders en die deelnemers,” vertel hy.

Dit is die tweede keer wat Roode op die podium staan nadat hy in 2022 ‘n tweedeplek in die gesogte ultramaraton behaal het. In 2022 het Grobler Basson die 100 myl wedloop gewen en het hy die bestaande rekord, van 23 ure en 45 minute opgestel. Roode het vanjaar baie naby gekom aan die rekord, en het die 100 myl klaar gemaak in 24 ure 8 minute, ‘n verbetering van meer as ‘n uur in vergelyking met sy tyd in 2022.

Lees ook: Roode draf 100-myl kaf

“Ek het taamlik laat in die wedloop besef dat ek dalk die rekord kan ewenaar of verbeter, en ek het gekyk na my gemiddelde pas en het besef dat ek waarskynlik nie genoeg myle oor het om die tydverskil op te maak nie. Dit gee my iets om na toe te werk vir volgende jaar se Mac Mac. My kop het alreeds gaan draai by die plekke waar ek kan verbeter op die roete,” sê hy. “My wedloop het baie glad verloop. Ek het baie lesse geleer by die Mountain Ultra Trail (MUT) wat vyf weke gelede in George plaasgevind het.

Met die MUT wedloop vars in my geheue, kon ek myself voorberei vir die tye wat die moegheid, ongemak en pyn erg raak op die roete. Dan herhinner ek myself dat ek dit onlangs   deurgemaak het en dit het my aangespoor om aan te hou,” sê hy. “Die Mac Mac was verseker my effektiefste 100 myler wat ek tot dusver aangepak het. Van die begin tot die einde was ‘n konstante effektiewe vloei,” sê Roode.

“Dit is verseker voordeling om die roete goed te ken, wat jy eet en wanneer jy eet op die roete is belangrik en jou toerusting en die kondisies speel ook ‘n groot rol,” verduidelik hy. Roode vertel ook dat hy al voor hy vir sy eerste Mac Mac Ultra ingeskryf het, die wisseltrofee geadmireer het. “Die trofee is ‘n massiewe ou saaglem, nogals indrukwekkend,” sê hy. Roode wil graag ‘n 10km swemuitdaging en ‘n bergfietsultramaraton aanpak voor die einde van die jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button