School sportSport

Swemmers laat water spat

Die swemspan van Tzaneen Amateur Swemklub (TASK) het goed gevaar tydens die vierde ouderdomsgroepgala wat Saterdag plaasgevind het.

Izelle Arrow vat derdeplek in die 50m-borsslag. Corné Brummer vat derdeplek in die 50m-borsslag. Michelle de Beer vat vierdeplek in die 50m-vryslag. Kayla de Lange vat tweedeplekke in die 50m-borsslag en 100m-borsslag. Milan Ferreira vat drie eersteplekke in die 50m-rugslag, 50m-vryslag en 100m-rugslag. Sy vat ook tweedeplek in die 200m-wisselslag. Yulinke Haynes vat drie tweedeplekke in die 50m-rugslag, 50m-vryslag en 100m-rugslag. Sy vat ook vierdeplek in die 50m-vlinderslag.

Anru Schalekamp vat eersteplek in die 100m-borsslag, tweedeplek in die 50m-vryslag, derdeplek in die 100m-vryslag en vierdeplek in die 200m-wisselslag. Armand Theron swem twee eersteplekke los in die 100m-borsslag en 50m-borsslag. Luan Botha is tweede in die 50m-borsslag en vat twee derdeplekke in die 100m-vryslag en 100m-borsslag. Hy vat ook vierdeplek in die 50m-rugslag en 50m-vryslag. Chris Grobler vat twee derdeplekke in die 100m-vryslag en 200m-rugslag.

Lees ook: Fransies laat ‘spat’ in die swembad

Hy is ook vierde in die 100m-rugslag. Liam Fourie swem ‘n eersteplek los in die 50m-vryslag. Ruan Leykauf vat vyf tweedeplekke in die 50m-vryslag, 200m-wisselsag, 100m-vryslag, 200m-vryslag en 50m-vlinderslag. Luan Lubbe is tweede in die 100m-borsslag en derde in die 100m-borsslag. Lirese Meintjies is eerste in die 50m-rugslag, tweede in die 50m-vryslag en vierde in die 50m-borsslag. Lize O’Connell is tweede in die 200m-borsslag, 50m-borsslag en 200m-vryslag.

Sy is ook vierde in die 100m-borsslag. Leah Stewart is eerste in die 200m-wisselslag, 100m-vlinderslag, 100m-borsslag en 200m-vryslag. Jennifer Mostert swem ‘n derdeplek los in die 50m-vlinderslag. Lara van Veelen is eerste in die 200m-borsslag, 50m-borsslag, 100m-borsslag en 50m-vlinderslag. Miané van Veelen is eerste in die 200m-borsslag en 50m-borsslag. Sy vat tweedeplek in die 100m-borsslag en derdeplek in die 50m-rugslag. Sy is ook vierde in die 200m-vryslag. Amery Vermaak, Milan Botha, Zinnia de Lange, Lourens Mostert, Diaan O’Connell en Joe Prinsloo het ook goeie tye geswem.

Related Articles

 
Back to top button