School sportSport

Vossie-meisies is topkrieketspan

Hoërskool Ben Vorster se eerstekrieketspan vir meisies is die beste in Limpopo na hulle die span van Hoërskool Frikkie Meyer uitoorlê het in die eindstryd van die die Limpopo o/19-skoleliga wat op 25 Oktober in Polokwane plaasgevind het.

Frikkie Meyer het die loot gewen en het besluit om eerste te kolf. Die Frikkies teken ‘n formidabele 163 lopies aan vir die verlies van vyf paaltjies in hulle toegelate 20 boulbeurte. Die beste boulers vir die Vossies was spankaptein, Megan-Lee Mans met twee paaltjies vir 35 lopies en Nadia Korff wat geen paaltjies vat nie maar slegs 20 lopies afstaan in haar boulbeurte.

Die Vossies het ‘n allemintige teiken van 164 lopies gehad om te jaag om te wen. Mans en Thapelo Malatji het saam ‘n 77-lopievennootskap opgestel vir die eerste paaltjie voor Thapelo uit is vir 37 lopies van 23 balle, wat ses viere ingesluit het.

Lees ook: Swemmers laat water spat

Met die tweede paaljie wat kort daarna geval het was daar druk op die Vossies, maar Nkoto Rammalo het by Mans aangesluit en die twee het die telling aanhou rol met ‘n blitsvinnige vennootskap van 49 lopies van slegs 24 balle voor Nkoto uit is vir 31 van 15 balle, wat sewe viere ingesluit het.

Dineo Letsoale het haar by haar kaptein aangesluit met die Vossies wat nog 19 lopies van 28 balle gekort het. Hulle maak korte mette daarvan en slaan die wenlopies met nog 3.2 boulbeurte oor. Mans teken 59 nie uit nie van 57 balle aan, ingesluit 9 viere en twee sesse.

Related Articles

 
Back to top button