NewsSport

“Skaam” Dicky verstom oor Umaga-reaksie

Video van Loftus uitstappie versprei soos veldbrand op sosiale media

Dicky Davel sê hy is “maar skaam en teruggetrokke”, daarom maak die video wat van Saterdagaand af op sosiale media versprei word, hom skoon ongemaklik.

Die video wys hoe die oud Middelburg Rugbyklub agterspeler soos ’n klein seuntjie smeek dat die All Black legende, Tana Umaga, sy outobiografie teken wat Dicky al vir jare besit. Die boek se titel is “Tana Umaga – up close” en geskryf deur Paul Thomas.

Hy het al toe die All Blacks opgewarm het vir hulle ondersteuningspan gewys hy wil hê Umaga moet die boek teken.
Die oud All Black senter is deesdae een van die All Blacks se hulpafrigters.

Die reaksie nadat Tana Umaga sy boek geteken het verstom die oud senter, Dicky Davel. FOTO: Verskaf.

“Ek het vir hulle gefluit en die boek gewys, maar moes tot na die wedstryd teen die Bulle wag dat hulle die boek by my kom haal.”
Dicky sê hy probeer al vir 17 jaar dat die boek geteken word en het hom selfs saamgevat na Nieu Seeland toe in 2011, maar sonder sukses.

Die getekende boek. FOTO: Verskaf.

Umaga is een van sy groot rugbyhelde en toe hy vir Middelburg gespeel het, het hy sy spel op Umaga se speelsywyse geskoei.

“Ek het gefluit en gefluit en ons het lank gewag voordat hulle die boek by my kom haal het. Nie al die spelers het uitgekom nie, maar Umaga het later die boek geteken.”

Sondagoggend het sy selfoon “ontplof” van al die boodskappe nadat ’n video op Instagram en TikTok versprei is.
“Ek was skoon uit die veld geslaan.”
Maar is hy ’n All Black ondersteuner?
“Nee, ek is ’n rugby ondersteuner!” Alhoewel hy aan HTS Middelburg matrikuleer het, is hy deesdae betrokke by Hoërskool Middelburg.

Dicky Davel in sy speeldae. FOTO: Verskaf.

*Dicky se oud spanmaats sal natuurlik glimlag as hulle hoor hy is eintlik “skaam en teruggetrokke”. In sy speeldae was hy een van Middelburg Rugbyklub se “besige” spelers.

VIDEO: Oud Middelburg senter verstom oor reaksie nadat All Black legende, Tana Umaga, sy boek teken

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button