NewsSport

Rooi Bul en Middie maak saam ’n wenspan

Toy Engelbrecht en Matthew Abbey hou Middelburg se naam hoog in die Leeus se onoorwonne o. 20-span.

Die een was ’n Rooibul, die ander een ’n Middie … en toe wen hulle vroeër vanjaar saam-saam die Varsitybeker.

Toy Engelbrecht draf vir die Leeus se o. 20-span uit. FOTO: Verskaf

Christiaan Vlok was op senter een van HTS Middelburg se rugbyhelde, terwyl Ben Jansen van Vuuren op agsteman vir Hoërskool Middelburg uitgeblink het.

Aartsvyande op skool, maar bekerwenners vir Tukkies aan die begin van die jaar. ’n Wenresep!
Toy Engelbrecht was nog onlangs by HTS Middelburg ’n kookwaterflank en speel nou vir die Leeus se o. 20-span. Saam met hom in die Leeutrui is Hoërskool Middelburg se skitterende losskakel van twee jaar gelede, Matthew Abbey.

Keer voor hier kom Abbey! Matthew Abbey in die kleure van die Leeus. FOTO: SA Rugby

Die twee het ook saam vir die Pumas se Cravenweek-span gespeel.
En ja, reg geraai – hulle het nog nie ’n wedstryd in die nasionale o. 20-reeks verloor nie.

Ben Jansen van Vuuren en Christiaan Vlok het vir Tukkies die Varsitybeker help wen. FOTO: Verskaf

Die jong Leeuspan was veral teen die Vrystaat Cheetahs in ’n verwoede bui en het met 55-33 gewen.
Die Leeus is bo-aan die punteleer met 10 punte danksy ’n beter punteverskil. Die Bulle en Stormers is ook op 10 punte, terwyl die Haaie en Luiperds elk op twee punte is en die Cheetahs een punt het.

Eerskomende naweek speel die Bulle tuis teen die Stormers, terwyl die Haaie en Cheetahs kragte meet. Die Leeus pak die Luiperds tuis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button