Crime

Bloed loop in Arnot

Sy seun ry in ‘n Golf met groen ligte rond, saam met ‘n groep ander werklose jong mans, almal onder die ouderdom van 20-jaar. Mnr. Van Zyl het Woensdag erken dat alle Delta patrollies Dinsdagaand gestaak is, omdat “die jonges begin hand uit ruk het”. Die Observer se fone is sedert Maandag warm gebel oor …

Sy seun ry in ‘n Golf met groen ligte rond, saam met ‘n groep ander werklose jong mans, almal onder die ouderdom van 20-jaar.

Mnr. Van Zyl het Woensdag erken dat alle Delta patrollies Dinsdagaand gestaak is, omdat “die jonges begin hand uit ruk het”.

Die Observer se fone is sedert Maandag warm gebel oor die groep, wat hulleself die Deltas noem, se aanvalle.

Die selfaangestelde groepleier, mnr. Dirk Venter, het Woensdag die foon in die Observer se oor neergegooi toe hy gepols word oor die Deltas se skrikbewind, nadat hulle van die groter Arnot radiogroep afgestig het.

“Daar was ‘n geskil tussen die Alfa-Bravo groep en die Deltas en die Deltas het afgestig,” sê mnr. Van Zyl, wat erken het dat sy seun een van die jongelinge is wat “die pad byster geraak het”.

Mnr. Thabang Sello is verlede Donderdag in die straat op pad na Eskom voorgekeer deur die Deltas wat hom met kabelbinders vasgebind, geslaan, met pepersproei gespuit en met verfbalgewere geskiet het.

Mnr. Thabang Sello het verskeie beserings opgedoen nadat hy deur 'n groep werklose wit seuns van die Delta radiogroep op Arnot aangerand is.
Mnr. Thabang Sello het verskeie beserings opgedoen nadat hy deur ‘n groep werklose wit seuns van die Delta radiogroep op Arnot aangerand is.

Hulle het mnr. Selo daarvan beskuldig dat hy “kinders agtervolg”.

Die klaers beweer dat ledige huisvroue ook daagliks saamtrek op straathoeke, om die skool en by winkelsentrums met hul radios en al wat swart mens is verdag maak.

Raadslid Van Zyl sê hy is bewus van die aanval op Sello maar beskuldig Exxaro se sekuriteitswagte, terwyl mnr. Sello die blaam vir sy beserings voor die deur van die Deltas lê.

Raadslid Van Zyl sê dat daar op mnr. Sello toegesak is nadat dit oor die radio uitgesaai is dat hy kinders agtervolg.

Die Delta kapokhaantjies het net voor die polisie opgedaag het, die bloed van sy gesig afgevee.

Die mediese kaart wat mnr. Sello by hom gehad het om werk by Eskom te gaan soek. Hy is op pad daarheen gestop omdat hy glo kindertjies agtervolg het.
Die mediese kaart wat mnr. Sello by hom gehad het om werk by Eskom te gaan soek. Hy is op pad daarheen gestop omdat hy glo kindertjies agtervolg het.

Die voorval is deur drie vroue, wat uit vrees nie hul identiteite wil verstrek nie, bevestig met die woorde “die Observer moet nou help, iemand gaan nog doodgemaak word”.

Venter se seun word ook by minstens drie ander aanvalle op swartmense in Arnot verbind.

Raadslid van Zyl, wat ‘n betaalde lid van die Deltas is, sê hy was nooit betrokke by enige voorvalle nie en werk tot 18:00.

Hendrina polisie het Woensdag vir Venter ondervra na ‘n klag Dinsdag by hulle ingedien is.

gerhard@mobserver.co.za

arnot3 (LL ZN)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button