Crime

VIDEO: Vrou herken aanvaller

Me. Carina Brits, wat op 13 Mei saam met haar man en twee seuns in hul huis in Pongolastraat aangeval, vasgebind en rot en kaal besteel is, het Dinsdag een van die aanvallers tydens 'n identiteisparade by die Hendrina polisie geïdentifiseer.

Sy en haar man, Johan, het onlangs hierheen verhuis en voor hulle trek het hulle alles verkoop en die huurhuis in Pongolastraat nuut oorgemeubileer.

Johan het kort voor die aanval met ‘n bakkievrag vol nuwe meubels by die oprit ingetrek.

Twee aanvallers het omstreeks 18:00 vermoedelik onder ‘n ander kar in die motorhuis gaan wegkruip.

Hy het nadat hy die goedere afgelaai het die motorhuisdeure toegemaak en is kamer toe waar hy deur een van twee gewapende rowers oorval is, terwyl ‘n ander Carina in die sitkamer vasgekeer het. Beide Johan en Carina is vasgebind en aangerand.

Drie makkers het later by hulle aangesluit.

Vier was met pistole gewapen en een met ‘n baksteen.

Die man met die baksteen het Johan oor die kop geslaan en Carina het tydens ‘n onderhoud kort na die aanval aan die Observer gesê sy “sal sy gesig nooit-ooit vergeet nie”.

Haar geheue het haar Dinsdag nie in die steek gelaat nie en sy het die man wat op ander klagtes gearresteer is, as die baksteenaanvaller uitgeken.

Die ander vier is steeds op vrye voet.

Die polisie verwag binnekort ‘n deurbraak.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button