CrimeUpdate

Opvolg: Moordenaar nie so swak soos sy weergee nie sê hof

Me. Ronel Bothma, wat skuldig gepleit het op die moord van haar man, mnr. Tizziano Ciciliato, is Vrydag tot nege jaar direkte gevangenisstraf gevonnis deur regter Andre Louw.

Regter Louw het bevind dat, hoewel daar dwingende en wesenlike omstandighede was om af te wyk van die minimum vonnis van lewenslange tronkstraf, dit nie in die gemeenskap se belang sou wees dat sy ’n vry vrou uit die hof stap nie.

Die hof het in die verhoor van sewe dae, wat op 16 Februarie afgeskop het, gehoor hoe me. Bothma en haar dogter Rozanne jare lank deur hom mishandel is.

Regter Louw het in sy uitspraak bevind dat mnr. Ciciliato ’n “arrogante boelie was met geen respek vir enige iemand nie, hetsy tuis of by die werk”.

Mnr. Tizziano Ciciliato wat op 4 Februarie 2013 32 keer met ’n mes in sy Gholfsig huis gesteek is. Sy vrou Ronel, is Vrydag tot nege jaar gevangeninisstraf gevonnis vir haar erkende aandeel in sy gruwelik dood.
Mnr. Tizziano Ciciliato wat op 4 Februarie 2013 32 keer met ’n mes in sy Gholfsig huis gesteek is. Sy vrou Ronel, is Vrydag tot nege jaar gevangeninisstraf gevonnis vir haar erkende aandeel in sy gruwelik dood.

Hy het gesê dat die getuienes om die mishandeling te staaf, betroubaar was en dat daar hoegenaamd geen teenstrydige getuienes gelewer is deur die staatsgetuies, van intimiteit tussen die paartjie nie.

Nietemin het hy bevind dat sy nie soos byvoorbeeld landelike vroue, geen toegang tot ’n foon, prokureur, haar kerkleier, persoonlike vriende, haar twee volwasse kinders Jaco en Vicky, of selfs kontant gehad het nie – “jy kon sekerlik hulp uit enige van die oorde gekry het,” het regter Louw gesê.

Hy het haar beskryf as ’n waardige, opgevoede vrou, wat deurlopend ’n goeie indruk op die hof gemaak het.

Hy het egter gesê dat hy geensins glo dat sy “die swak vrou is wat sy aan die hof probeer weergee nie”.

Regter Louw het gesê dat sy plig is om haar tot substansiële tronkstraf te vonnis, “nie 18 of 20 jaar soos die staat vereis nie, maar ook nie bloot tot korrektiewe toesig soos die verdediging eis nie”.

Regter Louw het erken dat hy bewus is dat die nege jaar tronkstraf nog die staat, nog die verdediging sou pas.

Beide die verdediging en staat het aansoek gedoen om verlof tot appél waarvoor argumente teen 24 Julie geliasseer moet wees.

’n Volbank regters van die Noord Gautengse divisie, sal die saak appélsaak aanhoor.

Haar borg is tot dan verleng. Mnr. Ciciliato is op 4 Februarie 2013 altesaam 32 keer met ’n mes gesteek deur huurmoordenaars wat deur me. Bothma vir die moord met R10 000 vergoed is.

Sy het egter met die aanvang van die verhoor, skuldig gepleit op die moordklag en haar verhoor is geskei van dié van haar medebeskuldigdes, Anna Mokwana, Dinah Mokwana, Doctor Jacob Tlou, Hendrik Chego, Tsietsi Letsebe en Mbuzo Kohza.

Me. Bothma het aan die hof erken dat sy en Rozanne, terwyl die moord in aanvang was, saam met ’n vriendin gaan roomys eet het.

Sy het die hek vir die moordenaars oopgemaak, het sy gebieg en was verlig toe sy tuiskom met die wete dat mnr. Ciciliato dood was.

Die verhouding tussen mnr. Ciciliato en Rozanne was teen sy moord so sleg, dat almal, insluitende die staatsgetuies getuig het dat dit gelyk het of “sy partytjie hou op haar pa se begrafnis”.

Toe Vicky vir haar ’n roos gee om op mnr. Ciciliato se kis te gooi, het sy dit volgens getuies neergegooi en gesê “f** dit”.

Lees vorige berigte hier:

Opvolg: Ronel Botma moes glo aan vurkhyser hang

Video: Botma skuldig

Opvolg: Kinders het pa gevrees

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

Back to top button