Crime

Video: Groenfontein se deurry ruit flenters geslaan

'n Man sonder 'n hemp het Maandag kort voor 02:00 Groenfontein Melkery se deurry ruit met 'n klip uitgeslaan en ingebreek.

Me. Anet Weideman, direkteur van Groenfontein, sê die tengerige man het die ruit omstreeks 01:47 met die klip bygedam.

Daarna steek hy sy hand deur die gat en neem een melkbottelprop uit ‘n bak op die toonbank waar hy ook ‘n koffiebeker vat en op die grond neersit.

“Mens kan sien hoe hy dan die venster met sy hande verder oopforseer, totdat hy ‘n groot genoeg gat gemaak het om deur te klim,” sê me. Weideman.

Bloedspatsels is na die inbraak op die vensterbank en gebreekte ruit gevind.

Beeldmateriaal van die inbraak wys duidelik hoe die man te werk gegaan het om by die winkel in te breek. Mens kan egter nie sien wanneer hy sy hemp uit trek nie.

Me. Weideman sê dat hy net 40-sekondes in die winkel was, voordat die alarm geaktiveer is, en hy spore gemaak het.

Dit blyk dat die man agter ‘n rekenaar in die winkel aan was, omdat die skerm omgekeer was op die lessenaar waar dit gestaan het.

Met nadere ondersoek is daar egter vasgestel dat daar niks uit die melkery gesteel is nie.
‘n Vrou wat omstreeks 06:00 die volgende oggend by die deurry deurgestap het, het die koffiebeker op die grond sien staan en dit geneem.

“Ons moes die oopskuif venster vervang en R480 vir dié skade opdok,” sê me. Weideman.

Genadiglik het die inbreker geen verdere skade in die winkel aangerig nie.

“Ons as besighede moet beeldmateriaal van kriminele so wyd moontlik onder mekaar sirkuleer sodat die kriminelese speelveld kleiner word,” sê me. Weideman oor die videogrepe wat aan die Observer beskikbaar gestel is.

Daar is al verskeie maal by die melkery toegeslaan deur koperdiewe.

Die polisie ondersoek ‘n saak van inbraak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button