CrimeBreaking News

Nuusflits: “Belfast inwoner dood na beweerde gesinsgeweld”

'n Inwoner van Belfast is in die vroeë oggend ure dood nadat sy seun (21) na bewering hom in die bors geskiet het.

Lion de Necker is op die toneel dood verklaar.

Daar is vertroulik verneem dat mnr. De Necker vermoedelik na ‘n struweling in sy huis geskiet is.

Daar was twee messe by mnr. De Necker gevind terwyl sy seun ‘n snywond aan sy arm gehad het.

Mnr. De Necker senior het glo aan depressie gelei en het reeds vroeer al sy vuurwapens by die polisie ingehandig.

Die vuurwapen waarmee hy geskiet is, was in sy besit maar dit is nie duidelik of hy ‘n lisensie daarvoor gehad het nie.

Die seun (21) is vanoggend in hegtenis geneem en sal heel waarskynlik Maandag in die hof verskyn.

Pierre de Necker, mnr. De Necker se oudste seun, is verlede jaar in Julie dood toe hy in Belfast in ‘n gepeupelreg voorval dood geslaan is nadat hy van voertuig diefstal verdink is.

Lion de Necker het destyds ‘n grusame foto van sy seun se liggaam beskikbaar gestel omdat hy wou gehad het die wêreld moet sien hoe wreed sy kind vermoor is.

Lees vorige berig hier:

(Grafiese Inhoud) – ‘My kind is soos ‘n hond dood geslaan’

Video: Mob justice at Ultra City

(Opvolg) Video: ‘Soos hond’ dood geslaan

Lees ander nuus hier:

Weather for the weekend

Vrou met dood gedreig

Pa en seun oorleef ongeluk

Gepeupelreg lei tot moord

Armed robber shot at e’Mhluzi Mall

Conspiracy to rob studio 88

Sikloon is op pad!

Back to top button