Adv. Basson se betoog
Adv. Org Basson, wat vir Theo Jackson optree, het gesê dat dit nie vir hom nodig is om die hele verhoor weer te herhaal nie.
Hy het ‘n liedjie van Chris de Burgh, oor ‘n prostituut in die hof, aangehaal toe hy gesê het dat die feite voor die hof is.
“Baie mense doen iets verkeerd. Partykeer word jy gevang, partykeer nie.”
Adv. Basson het vertel dat hulle ses proefbeamptes moes nader voordat hulle iemand gekry het wat bereid was om te getuig.
Hy het gesê dat Jackson glad nie ‘n lekker kinderlewe gehad het nie. Daar is nie ‘n sielkundige verslag voor die hof nie omdat hulle nie geld gehad het vir so iets nie.
Adv. Basson het die hof versoek om die wet so toe te pas sodat almal baat vind daarby. Hy het gevra dat die wet nie as ‘n dwangbaadjie gebruik moet word nie.
