Doodkistwee hoor vandag hul lot
Die doodskistwee, Willem Oosthuyzen en Theo Jackson, sal moontlik vandag hul lot aanhoor in die hooggeregshof in Middelburg.
Hulle is in Augustus vanjaar skuldig bevind op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, ontvoering, poging tot moord, intimidasie en regsverydeling.
Regter Sheila Mphahlele, het die saak uitgestel vir vonnis tot vandag, 23 Oktober.
Opvolg: Kis was vir afgestorwe werker
Daar is reeds na hul skuldigbevindig begin met voorbereidings vir ’n appél saak.
Daar is vanoggend verneem dat die proefbeampte wat die verslag opgestel het, net sal getuig as die hof gelas dat haar identiteit nie bekend gemaak mag word nie.
Dit nadat sy voorheen in ’n hoë profiel saak op televisie getuig het en deur die staatsaanklaer ‘verwoes’ is.
Watch: Video – Oosthuyzen and Jackson guilty
Indien die hof nie bereid is om te gelas dat haar identiteit geheim gehou word nie, sal die verdediging aansoek om uitstel doen om ’n nuwe proefbeampte te kry wat bereid is om voor televisiekameras te getuig.
Die staatsaanklaer, adv. Robert Molokoane, het gesê dat hy gaan vra vir die minimum voorgeskrewe vonnis, wat 15 jaar vir poging tot moord is.
Hofverrigtinge sal binnekort begin.
www.mobserver.co.za sal lesers op hoogte hou wat in die saak gebeur met opdaterings.
