Crime

‘Ek berou dat ek hom nie polisiestasie toe gevat het nie’

Adv. Org Basson is tans besig om vir Theo Jackson te ondervra oor sy persoonlike omstandighede soos deur die proefbeampte getuig.

Adv. Org Basson het vir Jackon gevra of hy bereid is om sy huidige werknemer se identiteit bekend te maak.

Hy het gesê dat sy werkgewer vrees vir politieke inmenging met kontrakte wat hulle tans het.

Daar is voorheen getuig dat Jackson en sy vrou tesame R22 000 verdien. Sy vrou het net oor die R100 oor na aftrekkings.

Adv. Robert Molokoane, vir die staat, het aan Jackson gesê dat hy bekommerd is oor die skielike berou. Omdat hy tydens sy verhoor onder kruisondervraging gesê het dat hy niks met die video verkeerd sien nie.

Hy bring die getuienis op waarin Jackson se vrou, Reanie, hom gevra het om die video uit te vee omdat sy kinders dit dalk op die foon mag sien.

Hy vra hoekom Jackson nou skielik meen dat hy berou het oor die voorval.

“Ek berou dat ek hom nie polisiestasie toe gevat het nie, en in die kis gesit het. Want nou sien ek wat die impak van die video op my familie is.”

Jackson sê dat hy geen berou het op die klagtes waarop hy skuldig bevind is nie.

Hy meen dat niks verkeerd gedoen het in verband met “die goed waarop ek aangekla is” nie.

Adv. Molokoane het aan Jackson gesê dat hy nou berou het omdat hy tronkstraf in die gesig staar. Jackson het dit bevestig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button