Victor Mlotshwa getuig oor hoe doodskissaak hom geaffekteer het
Die doodskisslagoffer is nou in die getuiebank om vir strafverswaring te getuig.
Adv. Robert Molokoane het Victor Mlotshwa gevra oor sy lewe na die doodskisvoorval.
Mlotshwa het vertel dat hy angs tussen mense ervaar en tans verhuis het van Big House, waar naby die voorval gebeur het, tot in KwaMhlanga in Hendrina.
Hy verkies dit om binneshuis te bly.
Mlotshwa het ook vir twee maande na die voorval berading gekry.
Adv. Molokoane het gevra watter vonnis Mlotshwa dink die beskuldigdes moet kry.
“Ek wil graag hê dat hulle 15 jaar of meer moet kry.”
Adv. Wayne Gibbs het aan Mltoshwa gesê dat daardie stelling van hom bewys dat hy besig is om die voorval te misbruik.
Die hof verdaag nadat die Lornia Mlotshwa in trane uitgebars en uit die hofsaal vergesel moet word.
