‘Daar dryf ’n lyk in die Dennesig damme!’
Die Middelburg polisie is vir die soveelste keer hierdie week na die Dennesigdamme nadat daar ’n oproep deur gekom het: ‘Daar dryf ’n lyk in dam’.
Hierdie oproep het polisiemanne en joernaliste met die spoed van witlig vanoggend na die dammetjies laat jaag waar die lyk van ’n man Dinsdag gekry is.
Die polisie het vanoggend wéér die omgewing gefynkam.
Daar is Dinsdagoggend omstreeks 08:00 ’n lyk van ’n man wat in die bors geskiet is, tussen die riete gevind.
Kyk: Video en foto’s – So lyk die moordtoneel
Geen inligting is nog beskikbaar oor wie die man moontlik kon geskiet het nie.
Wat www.mobserver.co.za wel weet, is dat daar twee skote kort na mekaar tussen 02:15 en 02:30 gehoor is aan Kanonkop se kant van die dammetjies.
Lees: Nuusflits – Lyk tussen die riete gekry
Dit was duidelik dat hy die slagoffer van die skietery was.
Vanoggend het die polisie wéér die area deurgegaan nadat iemand gebel en gesê het dat daar nog ’n lyk by die dammetjies is.
Lees: Lyk tussen riete is ‘n Mosambieker
Sers. Leon Harrington, Middelburg Honde-eenheid het oral gesoek, maar kon niks vind nie.
Ander nuus:
Huis van gruwels – Ouers wat eet terwyl kinders honger moet toekyk, bly in aanhouding
Kleuterskool faktotum in hof oor beweerde dade met twee kinders
Want breaking news on the go?
Add us on WhatsApp. Save the number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news broadcasts.
