Crime

Kaart wys misdaad brandpunte in Kanonkop en Dennesig

’n Reaksielid van Middelburg 911 het op ’n kaart aangedui waar die misdaadbrandpunte in Kanonkop en Dennesig is.

Die lid, wat anoniem wil bly, sê hy het neergeskryf wanneer honde vergiftig word en daar inbrake plaasvind.

Hy het agtergekom dat daar net ’n effense afplatting van misdaad elke keer vir ’n paar dae is.

“Daar is nooit meer as twee en ’n half tot drie weke speling tussen die tye wat hulle honde vergiftig in Kanonkop en Dennesig die afgelope paar maande nie.”

Lees: Lyk tussen riete is ’n Mosambieker

Hy het twee weke gelede vir die res van die lede gesê hulle moet tydens patrollies op die uitkyk wees, want hy verwag dat daar weer honde vergiftig gaan word.

Die volgende dag is mense se honde in Springbok- en Tamariskstraat vergiftig.

Die reaksielid het op ’n kaart wat hy by “Google Maps” afgelaai het, met kolletjies die misdaadbrandpunte aangedui.

Lees: Mosambieker met gif in Dennesig dammetjie gevang

Hy glo dat die man wat onlangs in Kanonkop geskiet en gesterf het tussen die riete by die Dennesig dammetjies, by misdaad betrokke moes wees.

“Ek is 100% oortuig dat hy betrokke was by misdaad en daarom is waarskuwingskote op hom geskiet. Mense sal nie skiet as dit nie nodig is nie. Almal is keelvol vir misdaad!”

• Die man wat geskiet is, is ’n Mosambiekse burger. Die omgewing waar hy geskiet is, is een van die misdaadbrandpunte in Kanonkop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button