KidsSchools galleries
Video: Almal dans saam deur die dekades by Koedoe-Oortjies
Oud en jonk het die musiek en dansies geniet tydens Koedoe-Oortjies se konsert.
Daar sal nog lank gepraat word oor Kleuterskool Koedoe-Oortjies se konsert, ‘Dans deur die Dekades’.
Die kleuters het op die musiek vanaf die vroeë 70’s tot waarna die jongmense vandag luister allerhande danspassies uitgevoer.
‘Oumas’ Erna Prinsloo (kleuterskoolhoof) en Rachel Rossouw (sekretaresse) het almal laat skaterlag met hul kwinkslae agter die mikrofoon met hul ‘onthou-staaltjies’ van desjare se musiek.



@middelburgobserver Kleuterskool Koedoe-Oortjies in Middelburg ‘Dans deur die Dekades’ tydens hul jaarlikse konsert. KoedoeOortjies





































