Primary SchoolSchoolsSport

Koedoekoppe lewer rugby kragtoer

Looi Kanonkop Dinsdag met groot telllings

Laerskool Middelburg se rugbyspanne het hierdie jaar ’n kragtoer gelewer, deur skoonskip te maak in die liga.
Al die spanne dring nou deur na die volgende rondte uitspeelwedstryde.
Die Koedoekoppe was ook Dinsdag baas teen Laerskool Kanonkop.

Uitslae:

o/9 wen 40-0.
o/10 wen 38-0.
o/11 wen 38-0.
o/13 B wen 48-5.
o/13A wen 41-0.

Hier kom Akwande! Akwande Khumalo is Laerskool Middelburg se o/11 A span driedrukmasjien. FOTO: Tobie van den Bergh.
So gooi ’n man mos by ’n lynstaan in. De Villiers Boshoff. FOTO: Tobie van den Bergh.
Luke Cullen lê aan pale toe vir die Koedoekoppe se o/10 A span. Die skeidsregter is Raymond Yssel. FOTO: Tobie van den Bergh.
Alwandoluhle Minisi druk vir Laerskool Middelburg. FOTO: Tobie van den Bergh.
Laerskool Kanonkop se o/13 A span het met groot fanfare op die veld gedraf. FOTO: Tobie van den Bergh.
Laerskool Middelburg se o/13 A span saam met hulle afrigters Darius Botha en CT Mostert. FOTO: Tobie van den Bergh.
Aiden Coetzee bars met die bal weg. FOTO: Tobie van den Bergh.
Laerskool Kanonkop se Simphiwe Mtsweni raak vinnig van die bal ontslae. FOTO: Tobie van den Bergh.
Ignard Jansen van Vuuren probeer van die verdedigers af wegkom. Johandré Loubser is die Kanonkop speler. FOTO: Tobie van den Bergh.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button