Middies vereer hul bestes!
Middies wens hul beste presteerders geluk!
Hoërskool Middelburg het vanjaar drie spoggeleenthede gehou om al hul top akademiese-, kultuur- en sportpresteerders te vereer.
Die volgende leerlinge presteer uitsonderlik:
Spesiale sporttoekennings
Beste enkel prestasie binne skoolverband en sportdogter: Jessica de Witt (lees meer oor haar prestasies in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer).
Marco de Wet: Vir sy prestasies in pistoolskiet (lees meer in die Middelburg Observer).

Junior sportseun: Frederik Boshoff: Hy speel vir junior binneshuise hokkiespan. Was deel van die skool se o/16A hokkiespan, asook die Mpumalanga A-span. Frederik het gespeel vir die krieket se o/15A T20- en die Mpumalanga o/16A-span en is kaptein van die o/15A krieketspan. Boonop is hy die speler van die jaar!

Senior sportdogter: Thelma Moloi: Sy was deel van die Fast 5 Blitz netbalspan, speel vir die eerste netbalspan waar sy speler van die jaar is en het ook gespeel vir die o/17A1 Mpumalanga netbalspan. Verder het sy ook die SA o/17-span gehaal. Thelma behaal ‘n Top Atleettoekenning (752 ASA punte), haal die Mpumalanga-span en is die beste senior dogtersatleet by spronge.

Senior sportseun: Kgotso Peta: Hy neem deel aan atletiek en wen ‘n medalje by die Interhoër. Hy speel vir die o/16A rugbyspan en is opgeneem in die16A Grant Khomo-span. Hy draf verder uit die vir o/17A- en die Pumas se o/17A sewesspan.

Spesiale kultuurtoekennings
Mees toegwyde koorleerling: Marco De Wet.
Beste verteenwoordigende leerlingraad verteenwoordiger: Retha Matloung.
Beste junior redenaar: Mieke Knoesen.
Beste senior redenaar: Abigail Cullen.
Veelsydigste junior kultuurleerling: Sonique Van Zyl.

Veelsydigste senior kultuurleerling: Abigail Cullen.
Vasbyttrofee: Deacon Snyman.
Spesiale akademiese toekenning
Graad 12 Dux-leerling: Attiyya Carim (daar is breedvoerig oor haar prestasies in die Observer berig), Derik de Klerk was tweede en Peter-Hugh Rowan derde.
