Rooi tapyt uitgerol vir boksers
Nog kaartjies beskikbaar vir rugby- en boksaksie
Daar is goeie nuus vir rugby- en boksliefhebbers.Kaartjies kan nog by die deure gekoop word vir vanaand se grootskerm rugby en boks by Event City.
Die saal waar die boks aangebied word is slaggereed, met groot bokskryt, genoeg sitplek, ’n rooi tapyt wat uitgerol is waar die boksers gaan uitstap en genoeg om te eet en drink.
Dit gaan veral ’n belewenis wees om die Bokke en All Blacks op ’n grootskerm te sien speel.
Die rugby begin net na vyf uur met die boks wat daarna afskop.
VIDEO: Die bokskryt is reg en boksliefhebbers kan uitsien na puik gevegte vanaand (29 Augustus 2026) by Event City