Municipal

‘Hand’ se simboliek

Die hand wat verlede week deur geskiedenisbewaarders skoongemaak is, het 'n ryk stukkie geskiedenis.

Mnr. Danie van Wyk (van Van Wyk Grafstene op Groblersdal) het ou koerantberigte opgediep om die storie te vertel.

Die Departement van Waterwese het in 1934 besluit om die Olifantsrivier op te dam om die Loskopvallei te besproei vir boerdery.

Honderde mense het met pik en graaf en kruiwa die wal gebou en dit is in 1938 voltooi. Selfs die beton was destyds met die hand aangemaak.

Die Rapportryers van Groblersdal het in 1972 besluit om ‘n ruwe hand ter nagedagtenis van die arbeiders wat die dam gebou het, op te rig. Mnr. Danie van Wyk (snr), wat ‘n grafsteenmaker van beroep was, is gevra om die graniethand te maak.

Hy kon aanvanklik nie besluit wie se hand om te gebruik nie, maar het later besluit om sommer sy eie hand as voorbeeld te gebruik.

“Beeldhouers het later kommentaar daarop gelewer en gesê dat die hand nie in vergelyking reg is nie. My pa het egter kort vingers gehad, net soos ek, en dit was ‘n replika van sy hand.”

Die graniet wat gebruik is, kom ook uit die Groblersdal distrik.

Die beeld van die hand is op 10 Oktober 1973 onthul.

Twee jaar na die onthulling in 1973, is daar besluit om die damwal te verhoog en is die standbeeld vir mnr. Van Wyk gegee vir veilige bewaring.

Die damwal is in die vroeër tagtiger jare verhoog en deur mnr. Braam Raubenheimer, destydse Minister van Water en Omgewingsake, ingehuldig.

Op 18 Mei 1983 is die hand vir die tweede keer ingehuldig deur die Rapportryerskorps van Groblersdal en Marble Hall.

• Die hand het die afgelope paar maande onder vandalisme en vieslike graffiti-tekenaars deurgeloop. Die gedenksteen is egter verlede week skoongemaak en het nou ‘n palissadeheining om sodat dit nie weer beskadig kan word nie.

• Mnr. Danie van Wyk (jnr) is die seun van mnr. Danie van Wyk (snr) wat die hand gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button