Municipal
Opvolg: Rivier skoongemaak
Die stadsraad het hul belofte gestand gedoen en die naweek begin om die bome wat langs die rivier gesneuwel het, op te saag en te verwyder.
Die Werk vir Wateprojek het etlike maande gelede die meeste bloekomreuse langs die rivier afgemaai en het die bome soos lyke langs en in die Klein Olifantsrivier gelê.
Me. Dalene Lambrechts (parkehoof) het sowat twee weke gelede gesê dat dit een van hul volgende groot projekte is wat aangepak sal word en die naweek het hulle ingespring en begin met opruimingswerk!
Die bome is met groot masjinerie uit die water gelig en in klein stukkies opgesaag. Vele mense kon van die hout laai en die res is afgevoer na Avalon waar dit vir minder gegoede mense vir vuurmaakhout geskenk is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
